Eko-toerisme in Nababeep

09 November 2016

mediumIn Nababeep in Namakwaland is Gladys Fortuin die trotse eienaar van haar besigheid, Thaiman Travel, Accommodation & Tourism. Nababeep is bekend vir die ou kopper myn wat daar bedryf was. Die myn is nou nie meer in operasie nie, maar is ryk aan geskiedenis. Plaaslike inwoners meen Nababeep het die mooiste blomme seisoen in Namakwaland.

Hierdie besigheid is geregistreer in 2013 as ‘n privaat maatskappy. Thaiman Travel Accommodation & Tourism maak gebruik van alternatiewe energie soos sonkrag en gas om etes voor te berei. Die besigheid bedien plaaslike tradidionele kos soos afval, potjiekos en roosterbrood. Die besigheid het ook ‘n kurio winkel wat herwinde handewerk vervaardig en verkoop. Die winkel is selfonderhoudend en hulle het reeds al ‘n bio-afbreekbare eetstelsel vervaardig met herwinbare material. Hulle vervaardig ook verskeie juweliersware vanuit die herwinde material.

Fortuin is ‘n geregisteerde toer gids wat toeriste op ‘n twee en ‘n half uur toer neem rondom haar plaaslike dorp, Nababeep. Hierdie toer sluit in ‘n stap roete, besoeke aan die plaaslike myn museum, die beroemde waterval, die skoorsteen van die ou myn en die ou kopper smelter. Fortuin en haar span het ook reeds opleiding ontvang vanaf Paper Association of South Africa (Prassa).  

Daar is huidiglik vyf persone aan diens by hierdie besigheid. Fortuin en haar span is ook deel van ‘n spaargroep waar hulle saam spaar vir die besigheid se groei. Die spaargroep gebruik die SaveAct model en het reeds al hul eerste siklus van spaar beoefen.

Die besigheid het ook vele uitdagings en drome, en Fortuin wil graag akkomodasie geriewe vir haar gaste oprig. Sy droom daarvan om drie verskillende akkomodasies te verkry soos kampeer terreine, chalets en rondawels. Fortuin sien ook uit daarna uit om ‘n kabel kar te kry wat dan spesiale effekte sal hê waar dit sal voel en klink asof die myn nog in werking is.

Fortuin sê haar grootste uitdaging is toegang tot befondsing, maar sy beoog ook om meer eko-tourisme bewussyn te bemark in haar plaaslike gemeenskap. Sy noem ook dat sy graag haar besigheid se bemarkings-strategie wil verbeter. Verder beplan hulle om jongelinge in die gemeenskap op te lei as toergidse.

Toere kan gereël word, kontak besonderhede: Gladys Fortuin, aloysiafortuin@gmail.com, +27 63 182 5408.

Artikel uit Die Veepos, September 2016

Share Share this article

Comments

    Add a comment

    By submitting this form, you accept the Mollom privacy policy.
    Copyright 2017 © SANBI | All Rights Reserved | Terms & Conditions